Dinamika val vas in eindstryd

HARDE SPEL: Dinamika en Linden tydens hul epiese stryd.

DINAMIKA het teen die Hoërskool Linden vasgeval, in die Goue Leeus finaal vir groot skole wat onlangs gespeel is.

Op Saturdag, 23 Julie, het die Namies vir Linden by die Alberton Rugbyklub aangevat, in die hoop om die beker huistoe te vat.

Linden het egter hul plek in die Beeld Trofeë toernooi verseker, met hul 15-10 oorwinning oor Dinamika.

Dit was ‘n tawwe stryd tussen twee uitstekende spanne, wat opwindende rugby gespeel het, en die toeskouers het beslis goeie vermaak geniet.

Dinamika het goed begin en is vroeg beloon met ‘n strafskop, wat hul losskakel, Armand Steyn, ten spyte van sterk winde, deur die pale laat seil het, vir die eerste punte van die wedstryd.

Kort daarna is die slot, Christiaan Besuidenhout, vir 10 minute van die veld afgestuur, vir ‘n geelkaart, as gevolg van slegte dissipline.

Dit het Dinamika swaar getref, en Linden het hul kanse daarna goed gebruik om in daardie tydperk twee drië te gaan druk en met 12 voor te loop.

Dit moet egter gesë word dat Dinamika hard baklei het om terug te kom in die wedstryd.

Na halftyd het Dinamika nuwe lewe gekry en druk op Linden geplaas, wat gelei het tot ‘n drie deur flank Jacques Venter, wat verdoel is deur Steyn.

Dit het die telling tot 12-10 gebring het.

Linden was goed op die teenaanval, wat Dinamika bietjie op die agtervoet gelaat het en, na aanhoudende druk wat hul op die Namies geplaas het, het hulle ‘n strafskop gekry en suksesvol verdoel.

Dit het ‘n ekstra drie punte vir Linden beteken, wat nou met 15-10 voorgeloop het.

Met so 15 minute oor om te speel het Dinamika alles wat hul het ingesit en vir lang periodes in die opposisie se 22m gebied geboer, maar Linden se verdediging het goed gedoen om hulle nie deur te laat nie.

Dinamika het ‘n fantasties seisoen agter die rug en kan trots wees op wat hulle bereik het, maar Linden was op dié dag net te goed – en alle geluk aan hulle.

U mag ook in die volgende belangstel:

Namies wen weer

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier:079 404 5789.

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

germistoncitynewssoutherncouriercomaroKathorus Mailgetit Autodealer.co.za
Top

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Alberton Record
Comaro Chronicle
Kathorus Mail
Southern Courier


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other