Sprokiesverhaal is ‘n wenner

INTERGROEPDAG SLUIT AF: Elize du Preez (links), Chrisna de Ru, Meisie Jakobs, Pieter Naudé (musiek kunstenaar) en Charlotte van Dalen.

DIE 44ste Suidstreek Intergroepdag vir Senior Lidmate was aangebied deur die NG Kerk Brackenhurst op Woensdag, 15 Maart.

Hierdie byeenkoms word jaarliks gehou met die doel om erkenning aan seniors te gee vir hul harde werk. “Party van die items hier is ongelooflik en dis moeilik om te dink dat iemand van 80 of 90 dit so mooi gemaak het,” sê Chrisna de Ru, een van die voorsitters van die byeenkoms.

KAN NIE GLO DIS TUISGEMAAK: Kreatiewe skeppings, soos hier gesien, het die tafels vol gemaak – elkeen sorgvol gemaak deur oumas en oupas.

Seniors kan enige item inskryf – van tuisgemaakte konfyt en gebak, tot gehekelde babaklere en kombersies, tot handgemaakte skinkborde en tuisgegroeide groente. Hier word alles erken. Deelnemers mag meer as een item in skryf en groep-projekte is ook welkom. Inskrywings word gekategoriseer volgens ouderdom, en die minimum ouderdom van ‘n deelnemer moet 55 wees.

Hierdie jaar het die hoeveelheid inskrywings toegeneem met 555 teenoor verlede jaar se 467. Daar was ook sewe groep-projekte hierdie jaar – drie meer as verlede jaar. Die kerksaal was vol pragtige items wat mense kon beoordeel – elke item prysloos en sorgvol gemaak.

TROFEE WENNERS: Die groep Phelia het die trofee geneem vir hul sprokiesverhaal-diorama groep-projek. Marie Hammond is in haar skik!

“Mens kan regtig nie ‘n prys op enige van hierdie items sit nie,” sê Elize du Preez, die ander voorsitter van die byeenkoms. “Dit het reeds soveel sentimentele waarde – dis alles so spesiaal.”

Buite die kerksaal kon mense koffie en vingerhappies geniet terwyl hulle wag vir beoordelaars om hul opsies te weeg. Teen 9:30 het Ds. Phillip Coetzee in die kerk vir almal geopen met gebed voordat pryse uitgedeel is. Elke deelnemer het ietsie gewen, maar die groep Phelia het weggestap met die groot trofee vir hul sprokiesverhaal-diorama.

Om die byeenkoms af te sluit, het Afrikaans-sanger Pieter Naudé ‘n paar liedjies gesing vir die gehoor. Hy het selfs ge-“yodel”, wat almal baie geniet het.

“Dinsdae om 10:00 word seniors uitgenooi om bymekaar te kom by NG Kerk-Wes,” sê Marie Hammond, lid van trofee-wengroep Phelia. “Raak ‘n bietjie sosiaal en maak ‘n konneksie met ander mense – dis tog nodig en so lekker,” sê sy.

GESELLIGE TEETYD: In afwagting vir die prysuitdeling, gesels en geniet seniors ‘n koppie tee en ‘n vingerhappie buite die kerksaal.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

  AUTHOR
Monique van Wyk
Journalist

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

germistoncitynewssoutherncouriercomaroKathorus Mailgetit looklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Alberton Record
Comaro Chronicle
Kathorus Mail
Southern Courier


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other