En Alberton word stil … vir Oom Des

LIEF VIR DIE LEWE: Des Dussing het elke oomblik 'n vol lewe geleef.

SO deur die loop van mens se lewe skuur jou skouers met baie mense en daar is min van hulle wat jou lewe werklik aanraak.

Daar is nog minder van hulle waarvan mens kan sê hulle het ‘n vastrap plek in jou lewe gekry en werklik ‘n impak gemaak. Oom Des Dussing was een van dié mense – daai omgee mense-mens.

Des Dussing is op Sondag, 12 Maart, na ‘n jare-lange stryd teen kanker, op die ouderdom van 78 oorlede. Op Vrydag, 17 Maart, het sy troosdiens plaasgevind vanuit die NG Kerk Alberton Wes.

En dit is hier waar mens weer besef dat hierdie nie net ‘n man was wat geleef het vir sy gesin nie, maar ook ‘n man wat ‘n groot leemte in die gemeenskap van Alberton nalaat.

Wanneer mens terugdink aan Oom Des, kan mens met alle eerlikheid sê dat sy vier hartkamers geklop het vir sy God, sy gesin, sy familie en vriende en die gemeenskap. En daardie hartkamers van hom het punt getrek vir sy kleinkinders. Lees jy deur hulle laaste briewe aan ‘n geliefde oupa dan weet jy sommer, hierdie was ‘n oupa duisend. Een wat nie net liefde uitgedeel het nie, maar ook sy wysheid gedeel het. Daar is die onthou van gesinstye, van vakansies in Plettenbergbaai, die staptogte, die Kersdae, oupa wat altyd tyd gehad het vir ‘n grappie.

Dit is ook gou duidelik dat die fondamente van sy huwelikslewe van 53 jaar saam met Marie op goeie sterk rotspilare gebou was – hiervan getuig die huldeblyke van Marie en hul kinders wanneer jy die pad van onthou saam met hulle stap.

Dit is in hierdie wete dat mens nabetragting hou oor ‘n man wat ook in die besigheidswêreld diep spore getrap het. Daar waar hy vanuit die klein winkeltjie in Alberton Noord begin het en met dryf, eerlikheid, integriteit en goeie besigheidsvernuf ‘n suksesvolle familiebesigheid, Ascot Bedding and Furniture, gebou het. As besigheidsman het hy ‘n oop hart vir die gemeenskap gehad en het sy liefde gegee aan die waar die nood gedruk het.

Maar daar was ook ander raadskamers waar hy sy stem laat hoor het as raadslid van die destydse Alberton Stadsraad – en hier kon jy sien dat daar sekere normes en waardes is wat hy net nooit sou prysgee nie.

En tog, te midde van ‘n besige en vol lewe, was hy ‘n man wat altyd tyd gehad het om stil te staan en te luister, iemand wat altyd opreg wou weet hoe dit met ‘n ander gaan.

Vandag, hier waar daar vir oulaas totsiens gesê is aan ‘n groot gees in Alberton, het Alberton se gemeenskap stil kom staan om dankie te sê dat iemand soos Oom Des hul lewens op een of ander manier geraak het.

Oom Des, Alberton groet jou. Alberton sal jou altyd onthou. Rus in vrede.

* Oom Des Dussing laat sy vrou, Marie, twee kinders en vier kleinkinders agter.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

germistoncitynewssoutherncouriercomaroKathorus Mailgetit looklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Alberton Record
Comaro Chronicle
Kathorus Mail
Southern Courier


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other