Brackenhurst-tak presteer

VLAE: Hier is die voorsitters van die verskeie takke met hulle tak se embleme.

DS ELANA Greyling het die Goue Suide Konferensie 2017, wat op 4 Maart plaasgevind het, met skriflesing uit Johannes 4:7, die verhaal van die vrou by die waterput, geopen. Sy wys daarop dat water skoon was en lewe gee. “Water is die bron van lewe. Waar Jesus is, is daar lewe, nie droogte nie. Hy is die fontein van lewe,” het Ds Elana gesê. Sy het ook by die vroue se jaar tema van ‘Water’ aangesluit.

Lede en gaste was deur Elize Dickson, voorsitter van Wilde Kastaiings, welkom geheet. Elke voorsitter het ‘n kers aan ter herinnering aan geliefde lede of eggenotes wat oorlede is, aangesteek.

OORHANDIGING: Elize Smook ontvang haar sertifikaat van Leana van Graan, ‘n voormalige voorsitter van die streek.

Die gasspreker van die oggend was Hannelie Warren, bekend vir haar rol as Ilze Ferreira in Binnelanders. Sy noem dat die bevolkings wêreldwyd oor die laaste vyftig jaar geweldig toegeneem het en dat daar doodeenvoudig nie meer genoeg water is nie. “Ons sal ons watervoorrade en damme drasties moet beskerm. Sy vergelyk ons lewens met water; pragtig skoon soos wanneer die reëndruppels op aarde val, dan word ons soos ‘n rivier of ‘n dam, miskien vol modder of slyk, om uiteindelik, as ons ouer word, soos ‘n warmwaterbron te wees. Net soos water moet ons ook ons liggame en lewens koester en mooi oppas. Almal het iewers ‘n kruis om te dra maar die vraag is hoe ons daardie kruis dra. Ons kan nie in vrees lewe nie – ons moet voluit lewe,” het Susie Du Plooy, skakelbeampte gesê.

Lid Ina Botha het haar diensknopie vir 30 jaar ontvang en Rosa van der Spuy vir 40 jaar. Negentien lede het aan die kompetisies onder die verskillende kategorieë deelgeneem en 41 artikels uit die tak (asook ‘n takalbum) is ingeskryf vir die onderskeie kompetisies. Brackenhurst het ‘n totaal van 2 381 (blomme uitgesluit) punte, behaal. Dit is 88 punte meer as Rensburgtak wat in die tweede plek was.

OKKIE SE VROU: Binnelanders se liefling, Hannelie Warren, was die gasspreker by die 2017 konferensie.

Dié tak het vier trofees, naamlik die Annique Theron-trofee vir die tak met meeste punte (blomme uitgesluit), die Grandi Flora trofee vir die tak met die meeste punte in blomme, die Saamwerktrofee (horlosie) vir die hoogste punt vir ‘n kongresartikel, wat deur Elize Smook vir uitstaande hekelwerk verower is, en die Daphne Taljaard trofee vir hoogste punte vir ‘n rangskikking, waar Susie du Plooy (middelbaar) die wenner was, verower.

Die oggend is afgesluit met ‘n voortreflike ete wat aan tafel bedien is. Die tafels was besonder pragtig gedek en versier. “Nog ‘n suksesvolle konferensie het tot ‘n einde gekom en glo ons dat al die lede wat dit bygewoon het, die oggend baie geniet het,” het Susie gesê.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

  AUTHOR
Elzaan Pienaar
Journalist

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

germistoncitynewssoutherncouriercomaroKathorus Mailgetit Autodealer.co.za
Top

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Alberton Record
Comaro Chronicle
Kathorus Mail
Southern Courier


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other