NG Kerk in Southcrest verwelkom nog ‘n vroue dominee

AAN DIE WOORD: Lorinda Schoonwinkel (26) staan voor haar gemeente en preek.

DIE Southcrest NG gemeente het onlangs ‘n nuwe predikant verwelkom, en dis weer ‘n dame.

In ‘n lyn van werk wat redelike patriargale waardes het, is dit noemenswaardig dat die kerk vir die tweede keer in ‘n ry ‘n vroue predikant aanstel.

“Ek dink eintlik dat vrou-wees my gehelp het meer as wat dit my gehinder het om die werk te kry,” sê die 26-jarige Lorinda Schoonwinkel.

“Ons is anders; vrouens is sagter en bietjie meer buigbaar en ek dink hulle wou juis daardie eienskappe in die gemeente hê,” voeg sy by.

Lorinda is ‘n vrou van vele talente en al is teologie en preek haar roeping, is sy ook ‘n onderwyseres wat haar tande al geslyp het deur vir seniors Afrikaans klas te gee.

Oor hoe dit is om ‘n vrou te wees in die kerk, en veral op die preekstoel, sê Lorinda: “Kyk, dit hang af waar jy is, daar is maar hier en daar daai gemeentes wat nog bietjie snaaks is daaroor, maar vir die meeste is dit regtig nie ‘n probleem nie. Ek sou sê dis eintlik meer ‘n ding van oud teen jonk. Daar is baie jong predikante wat nie werk kan kry nie, want daar is net soveel kerke en die ouer predikante tree nie sommer af nie.”

Lorinda het ‘n kort tyd nadat sy by die kerk begin het geboorte gegee aan haar eerste kind, Waldi.

“Sjoe, ek is maar besig jong! Ek werk hard om God se werk te doen en daar te wees vir my gemeente, terselfdetyd moet ek ook die beste vrou wees wat ek kan in my huwelik en natuurlik ook nou ‘n ma,” sê Lorinda.

“Ek is opgewonde oor hierdie gemeente, en ek probeer om dinge pret te maak en wil graag nuwe idees implementeer om mense weer na die kerk te lok,” sluit sy af.

U mag ook belangstel in:

Toastmasters wys wenners aan

Afrikaanse Toastmasters Alberton gaan groen

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

  AUTHOR
David Pienaar
Reporter

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

germistoncitynewssoutherncouriercomaroKathorus Mailgetit looklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Alberton Record
Comaro Chronicle
Kathorus Mail
Southern Courier


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other