Ligstad vier Reformasie 500

GEDURENDE die jaar 2017 word daar deur die Christene wat hul identiteit in die Gereformeerde Christelike geloof gefundeer het, fees gevier.

Martin Luther was 500 jaar gelede op soek na die Waarheid en hy het op 31 Oktober 1517 sy 95 stellings teen die kerkdeur van Wittenberg vas gespyker. Hierdie is die datum wat as die begin van ’n nuwe groepering van die Christelike geloof in Europa spesifiek, maar ook wêreldwyd, beskou word.

Klem is op die vyf sogenoende sola, te wete: sola gratia (alleen deur genade), solo fidei (alleen deur geloof), solus Christus (slegs deur Christus), sola scriptura (die Bybel alleen) en soli Deo Goria (aan God alleen die eer), gelê.

“Die diepste troos is dat ons nie aan onself behoort nie, maar aan ons getroue Verlosser en Saligmaker, Jesus Christus. Ligstad glo dit en wil saam met die Christelike kerk wêreldwyd hierdie herdenking vier,” sê Alida Jooste, maatskaplike werkster by Ligstad.

‘n Klassieke fees

Ligstad vier dit deur ’n uitvoering op 29 Julie in die pragtige kerkgebou waaruit Ligstad funksioneer, aan te bied.

Tydens hierdie uitvoering sal die gevierde sopraan Antoinette Olivier optree. Na haar studies in Los Angeles het sy haar studies onder die wêreldberoemde sopraan Emma Renzi voortgesit: onder andere die Monica in die Medium, Kate Pinkerton in Madam Butterfly en Hanna Glawari in die Vrolike Weduwee om net ’n paar te noem. Olivier werk ook nou saam met Salon Musiek en het in heel party produksies van hulle met groot sukses opgetree. Sy was een van die stigterslede van Mimi Coertse en Neels Hansen se Black Tie Ensemble. Tans is Olivier ’n dosent aan die Noordwes-Universiteit se konservatorium en is besig met haar doktorale studies.

Die bariton vir die geleentheid is Christiaan Snyman wat sy sangstudies by die TUT begin het. Nadat hy die Hoër diploma verwerf het, het Snyman sy studies onder professor Angelo Gobato en Dr. Nellie du Toit in Kaapstad voortgesit. Hy vertrek daarna na Duitsland waar hy ’n pos by die Koblenz Operahuis aanvaar. Hier sing hy verskeie opera rolle en later ook vir die Frankfurt Kamer-opera asook vir Opera Classica. Sy rolle sluit in Escamillo in Carmen, Papageno in Towerfluit en Belcore in Ellisir d’amore. Hy het met groot sukses vroeër vanjaar as Baron von Scarpia in die Staatsteater produksie gedebuteer.

Die tenoor Coert Grobbelaar sal ook die aand optree. Grobbelaar het geen bekendstelling aan Alberton nodig nie.

Voor die orrel en klavier sal Rudolf Geldenhuis te sien wees. Geldenhuis het die laaste paar jaar homself as repetiteur en begeleier vir al die toonaangewende operageselskappe in Gauteng gevestig. Hy is ook die begeleier vir die Cantare Kinderkoor asook voltydse musiekdirekteur van die NG-kerk Alberton Suid.

Lede van die Pretoria Simfonie Orkes sal in samewerking met Geldenhuis die uitvoering begelei. Die dirigent is Schalk van der Merwe. Hy is ’n welbekende opkomende dirigent met baie potensiaal.

Saam met die sangers sal die woordkunstenaar Arina Greef optree. Die program sal bestaan uit wonderlike religieuse werke wat ook onder andere die Onse Vader, Jerusalem en I’ll walk with God insluit. Dit sal ’n gebeurtenis wees wat niemand graag sal wil misloop nie.

WIN:

Drie gelukkige lessers staan elk ’n kans om dubbelkaartjies na die geleentheid te wen. Al wat jy moet doen is om ’n e-pos te stuur aan cvdwalt@caxton.co.za teen nie later as 12nm op 26 Julie met Ligstad Kompetisie in die subject line en jou naam, adres en kontaknommers in die e-pos.

Wenners sal per e-pos in kennis gestel word en ook per e-pos ingelig word oor hoe en waar kaartjies afgehaal kan word.

Vier Reformasie 500

Almal word genooi na die viering van Reformasie 500 by Ligstad op 29 Julie om 6.30nm vir 7nm.

’n Klassieke musiekuitvoering deur internasionaal bekroonde musikante en dit is beslis ’n geleentheid om nie mis te loop nie. Die uitvoering word by die Eeufeeskerk (Ligstad), hoek van Van Riebeecklaan en Gerrit Maritzstraat Alberton Noord, aangebied.

Kaartjies beskikbaar teen R250 per persoon en verversings en vonkelwyn word bedien.

Skakel Alida of Peter by 079 693 3666 om u plek te verseker of besoek www. Iigstad.co.za

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

germistoncitynewssoutherncouriercomaroKathorus Mailgetit Autodealer.co.za
Top

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Alberton Record
Comaro Chronicle
Kathorus Mail
Southern Courier


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other