Dinamika wen liga-seisoen

DRIE TYD: Dinamika druk een van hul drieë.

DINAMIKA het die Goue Leeus Groot Skole Rugby titel in hul eindstryd teen Linden op 29 Julie gevat.

Namies het met pragtige spelrugby vertoon en gewys hoekom hulle die kampioene is toe hulle vir Linden by Alberton Rugbyklub verslaan het.

Om te wen moes Dinamika die beste terugvegpoging aanwend wat ek al ooit het in skolerugby gesien het.

Dinamika afrigter, Chris Sutton, het voor die wedstryd gesê dat hy nie enigsins wil bespiegel nie, maar dat hy glo sy seuns reg is en wel voorbereid vir die komende spel is.

Namies het bewys dat hulle bereid was om vir Linden, die skool wat hulle laasjaar oorwin het en vroeër vanjaar ook met 7-0 gewen het, opdraande te gee.

Van die beginfluitjie geblaas het, het Dinamika druk op Linden geplaas deur aanval na aanval met hul agterlyn te loods.

Linden se verdediging was goed en het ook gewys dat hulle positiewe rugby wou speel en het die bal rondgegooi waar hulle kon.

DOELLYN TOE: Dinamika maak hul pad na die streep.

Namies was uiteindelik beloon vir hul bedrywigheid toe Armand Steyn, wat baie ondervinding het, onder die pale vanuit ’n uitstekende agterlynbeweging gaan druk het.

Cha Duiker het die skop verdoel om vir Dinamika ’n voorsprong van 7-0 te gee.

Linden het hierna hul karakter gewys toe hulle ’n drie van hul eie in die hoek gaan druk het, maar hulle was met die doelskop onsuksesvol.

Die span van Alberton was nie hierdeur geswaai nie en het aangehou met hul vorentoe momentum, maar Linden se verdediging het weer gewys wat in hulle steek.

Steyn was weer eens in die aksie toe hy ’n dropdoel oor die pale gejaag het om vir Alberton nog drie punte by die telbord te voeg, maar Linden het kort daarna weer ’n strafdoel gekry wat hulle suksesvol in drie punte omgeskakel het.

Linden het net voor halftyd met ’n drie deur hul binnesenter teruggeslaan, om hulle vir die eerste keer met 13-10 te laat voor loop.

Dinamika kon van hier af net nie deur die verdediging kom nie en het ’n paar flaters gemaak waarop Linden voordeel getrek het.

Die Alberton-span se probleme het opgestapel toe hulle nog ’n strafskop afgestaan het en teen halftyd was hulle 10-16 agter.

Van die afskop het Linden balbesit gekry en na ’n fantastiese agterlynbeweging het hulle ’n drie gaan druk wat ook verdoel is.

OP DREEF: Een van Dinamika se spelers word deur die opposisie gekeer.

Met die telbord op 23-10 het dit gelyk of Dinamika weer tevrede sou moes wees met tweede plek, maar die tuisspan het ander idees gehad en het net 12 minute gehad om iets uit die hoed te haal.

Na ’n tsunami van aanval na aanval van albei voor- en agterrye op Linden, is Alberton uiteindelik beloon toe skrumskakel, Christo Kruger oor die lyn gekom het met ’n drie wat ook suksesvol verdoel is.

Namies het dadelik hierna weer druk toegepas deur balbesit te verkry en het ’n strafskop gekry wat in nog drie punte omskep is.

Nou, met vyf minute oor op die klok, moes Dinamika steeds nog ’n drie gaan druk om te wen, wat ek gevoel het onwaarskynlik sou wees.

Dinamika het nou gelyk of hulle soos besetenes speel en het Linden aangeval asof daar geen môre sou wees nie.

Met die laaste beweging van die wedstryd het Kruger weer visie gewys en in plaas daarvan om die bal te voer het hy ’n gaping raakgesien en hom gevat om sy span se wen te verseker.

Die skop was verdoel en die eindtelling was 25-23, wat vir Dinamika as kampioene uit die liga vir die seisoen laat tree het.

Die skool se afrigters moet bedank word vir hul uitstekende werk en dit moet ook genoem word dat hulle die eerste twee wedstryde van die jaar verloor het, maar hulle het hart en gees gewys om terug te veg en as kampioene gekroon te word.

Natuurlik moet die span se 23 spelers ook gelukgewens word op hul pragspel, sowel as die opposisie wat die beste in hulle uitgebring het.

*Artikel en foto’s deur Wayne Raath.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

  AUTHOR
Wayne Raath

Latest News

COMMENTS

Top

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Alberton Record
Comaro Chronicle
Kathorus Mail
Southern Courier


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other