Hoërskool Alberton vat weer titel

HARDE SPEL: Spelers van Randburg probeer om een van Alberton se spelers te stuit.

HOËRSKOOL Alberton se o-15 span het onlangs dié jaar se Goue Leeus Groot Skole titel gevat.

Op 29 Julie het Allies vir Randburg by die die Alberton Rugbyklub aangevat en Alberton het vir die tweede jaar in ’n ry die titel huis toe gevat nadat hulle laasjaar as die o-14’s ook bobaas was.

’n Eindstryd is nie bedoel om maklik te wees nie en hierdie kragmeting was beslis nie ’n maklike een nie.

Van die begin af het Randburg vir Alberton onder druk geplaas en het groot aanvalle geloods met hul agterlyn wat baie effektiek gelyk het.

Vir hulle part het Alberton goed op verdediging gedoen, maar het nou en dan strafskoppe afgestaan wat vir Randburg toegelaat het om druk op Alberton te behou.

OOR DIE VOORDEELLYN: Alberton probeer deur die lyn breek.

Alberton het goeie gees gewys en dit is duidelik dat hulle vir en saam met mekaar speel.

Allies het heelwat foute begaan, soos om die bal van hul eie 22m uit te probeer hardloop, eerder as om die bal uit te skop as hulle ’n strafskop gekry het, of om die bal aan te slaan en sodoende meer druk op hulself te sit; hulle het ten minste nou en dan ’n string fases opgebou. Hulle moes net balbesit behou en so hul momentum voortsit.

Soos die tyd verloop het, het Alberton beter en beter begin speel maar net voor halftyd het hulle ’n strafskop afgestaan wat deur Randburg gemis is. Albei spanne moes kleedkamers toe stap met nulle op die telbord.

Wat ookal Alberton se afrigters vir die spelers gesê het, het die nodige impak gehad en die span het in die tweede helfte baie meer selfversekerd gelyk en het die fundamentele goed begin reg doen.

Hierdie nuwe spel het vir Randburg vir lang periodes onder druk geplaas en het vir Alberton goeie balbesit beteken waarmee hulle goeie aanvallende rugby kon speel.

OP DIE AANVAL: Alberton toets Randburg se verdediging.

Randburg het, ten spyte van Alberton se goeie spel, ook goed gedoen om vasberadenheid en krag op verdediging te wys.

Dit lyk of laasjaar se ondervinding vir Alberton baie beteken het omdat van die spelers van laasjaar in dié jaar se span was.

Tien minute in die tweede helfte het Alberton ’n strafskop gekry en was hulle baie bly om die drie punte te vat.

Hulle was voor, maar dit het nie beteken dat die Allies nou kon rus nie. Daar was nog baie werk om te doen.

Die einde het gekom toe Alberton met vyf minute oor op die klok ’n strafskop gekry het en suksesvol deur die pale gejaag het. Met drie minute oor het Alberton weer ’n strafskop gekry, wat hulle gemis het, maar die koeël was klaar deur die kerk en Alberton het met 6-0 vir Randburg geseëvier om hulle weer eens kampioene te maak.

* Berig en fotos deur Wayne Raath.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

  AUTHOR
Wayne Raath

Latest News

COMMENTS

Top

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Alberton Record
Comaro Chronicle
Kathorus Mail
Southern Courier


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other