Vandag is die dag om ‘ja’ te sê

VIER VROUWEES: Ronel Mellet en Bernie Kruger het die vreugdevolle oggend bygewoon.

KYK, as daar nou iemand is wat die wat dalkies om die pawiljoen as toeskouers gesit het kan oorhaal tot aksie, dan is dit Lindie Stryom.

Daar is nou een botteltjie dinamiek wat baie vinnig dié wat nog nie die vreugde van die oggend se vieringe ervaar het nie, in ‘n ander rat oorgehaal het.

Tydens die NG-kerk-Wes se Vreugdevolle Vrouwees-viering op Vrouedag, 9 Augustus, het Strydom die dames toegespreek.

Sy begin met ‘n aanhaling uit Nehemia waar geskryf staan The joy of the Lord is our strength en gaan amper onmiddellik oor om die dames te herhinner dat hierdie vreugde, en die dien van die Here, ‘n kopskuif is, dat jy die keuse het, om daar waar jy sit, vandag ja te sê – om te kan sê Ja, my Here.

“Ons is vandag hier om vreugdevolle vrouwees te vier en tog is daar so min vreugde om ons. Daar is soveel dinge wat nie reg is nie.

MA EN DOGTER: Klein Jessica Uytenbogaardt saam met haar ma, Michelle.

Almal het ‘n lewe vol probleme, ‘n lewe vol emosies en dinge wat nie altyd gaan soos dit moet. “Maar,” sê Lindie, “dit is juis daar waar jy jou moed en wysheid vind. Dit wat vandag ‘n probleem is, is dalk net die klop aan jou deur om jou die geleentheid te gee om ‘n verskil te maak. Uitdagings maak jou dapper, ontpop jou wysheid en daar waar jy tekortgeskiet het word jy deur die Gees gevul om die probleme op te los.

“Die dapper vroue in ons geskiedenis is nie so gebore nie – hulle het die kopskuif gemaak en ‘n probleem aangespreek – hulle het gekies om ja te sê.

“Maar,” het sy ook gewaarsku, “daar is vroue onder ons wat vir alles ja sê dat hulle ja so dun gesmeer word en dan kom hulle net ampertjies, by al hulle verantwoordelikhede uit. Intussen word belangrike mense en dinge afgeskeep. Jou man, jou kinders, jou vriendinne – jou ware ja en uitdaging wat jy nie raaksien nie.

VIR OUD EN JONK: Nicole Lues en tannie Engela Theron het in die oggend se vieringe gedeel.

“Jou ja moet ook jou grense vir jou stel. En wees nou maar eerlik, as minder van ons vir alles ja sê is daar meer geleentheid vir ander wat kan ja sê om hul roeping en hul taak te vind.

“Sê vandag ja vir jou God, jou man en jou kinders. Laat God se waarheid jou waarheid bepaal want daarin lê jou reëls. Kyk maar om jou – ons jaag die getalle terwyl ons Here ‘n een-tot-een man is – een skaap op ‘n slag.

“Onthou, jy is die beste plan vir jou gesin – jy is die beste mamma vir jou gesin. Vroue moet hulle mamma-guts terugkry en dit uitleef.

SAAMKUIER: Ciluné Taljaard en Su-Mari en Llu-Charl Pieterse het die oggend terdeë geniet.

“En daarmee moet jy vandag die taak neem wat jou naam op het. Go back to basics. Begin met ‘n Ja Here, my Here. Dan word Sy plan jou plan, Sy plan vir SA word jou plan vir SA, Sy lewe word jou lewe. So sal jy weer tyd hê vir die dinge wat regtig saakmaak. Jou gesin, jou stilstaan by iemand wat jou nodig het want jy sal ja sê vir die regte goed en ander die geleentheid bied om ook hulle ja te kan uitleef.”

En met een magtige ‘JA’ wat deur die kerkgebou gedreun het na afloop van die praatjie, was die dames oorgehaal – nie net om hul vrouwees te vier en hul dapperheid te vind nie – maar ook om hul grense te stel en vir die regte uitdagings ja te sê.

VREUGDEVOL: Gasspreker tydens die NG-kerk Alberton-Wes se damestee, Lindie Strydom en Anél Louw.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

  AUTHOR
Alberton Record

Latest News

COMMENTS

Top

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Alberton Record
Comaro Chronicle
Kathorus Mail
Southern Courier


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other