Klein atleet met groot drome

BOBAAS ATLEET: Bernedette Wilson met al haar trofees. Sy is beslis een van Alberton se jong atlete wat dopgehou moet word.

“LANDLOOP laat jou vergeet van alles en dit is goed vir my siel,” is die woorde van Bernedette Wilson (13) van Laerskool Randhart.

Sou jy voor haar staan sal jy nie kan glo dat sy 13 jaar oud is nie, want sy is fyn en klein, maar dit keer haar nie om baie goed te presteer in landloop nie. Sy het reeds twee keer eerste plekke by die Suid-Afrikaanse Skole Landloopkampioenskappe losgehardloop.

Bernedette het in 2012 begin hardloop. Ongelukkig kon sy nie daardie jaar SA’s vir skole toe gaan nie omdat sy nog te jonk was. Daarna het sy egter die medaljes, trofees en sertifikate ingeryg.

Die lekkerste deel van landloop vir haar is dat dit terapie is. “As ek ’n slegte dag gehad het, help landloop my om beter te voel,” het sy gesê. Die optimistiese drawwer oefen soggens van 04:00 saam met haar suster, Chané. Hulle oefen elke dag, selfs oor naweke.

“My suster spoor my aan om altyd my beste te gee en sy is eintlik die een wat my geïnspireer het om te hardloop. Sy is my rolmodel,” het sy gesê. Bernedette het haar laerskoolloopbaan in 2016 by Laerskool Randhart afgesluit en gaan by Hoërskool Helpmekaar matrikuleer. Sy was al menige kere as die beste langafstandatleet by kompetisies aangewys. Wanneer sy nie hardloop nie neem sy graag aan atletiek deel en speel hokkie.

Volgens haar is die enigste uitdaging van landloop dat dit ’n duur sport is. Sy is deel van die Alberton Amateur Atletiek Klub (AAK) en sy geniet elke oomblik. “My afrigter Deon Swanepoel motiveer my baie en help my daagliks om te verbeter. Ek is baie dankbaar vir hom.”

Tydens die onderhoud met die RECORD het sy ons ook na haar kamer geneem, waar sy al haar medaljes vir ons gewys het.

Bernedette woon die afelope 13 jaar in Mayberry Park saam met haar ouers en sy het ook ’n jonger boetie, Michael-Lee.

Iets wat mense nie van haar weet nie is dat sy spinnekoppe vrees en daarvoor gril.

In haar vryetyd kuier sy graag saam vriende en familie. Sy wil of ’n fisioterapeut of ’n sportsafrigter word. Die jong atleet het nog groot drome en met ’n lewensmotto soos ‘Running is my thing because Jesus is my King,’ kan sy nie verkeerd gaan nie.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on [email protected][email protected] or [email protected]

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

  AUTHOR
Elzaan Pienaar
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top