Hoërskool Alberton bly onoorwonne

GEE HOM UIT: Allies se skrumskakel, Ruben van den Berg wat by die skrum die aanval loots.

HOËRSKOOL Alberton het op 16 Maart teen Hoërskool Brits op die Allies se tuisveld uitgedraf en hul onoorwonne rekord in die NWU Sportreeks behou.

Die Allies het vir die Hoërskool Brits met ‘n oortuigende telling van 33-12 geklop.

Hoewel dit beslis nie ‘n slegte telling is nie was dit ‘n wedtryd gesaai met baie foute van Allies eerstespan se kant af.

Die hanteerfoute het hul vroeg in die wedstryd onder druk gesit maar Allies se strawwe verdediging het uitgehou en gesorg vir baie omgekeerde balbesit gedurende die wedstryd.

Allies het teen rustyd met 14-vyf voorgeloop. Die tweede helfte het gesorg vir beter rugby vanaf die Allies en hul heelagter en speler van die wedstryd, Jonothan Potgieter het gesorg vir twee prag drieë. Kaptein, Tyron Loots het sy krag gewys deur ook agter die doellyn te gaan kuier, asook die skrumskakel, Ruben van den Berg en binnesenter, Ruan Muller wat ook drieë aangeteken het.

Ruan Muller het gesorg daarvoor om vier van die vyf drieë te verdoel wat die eindtelling laat staan het op 33-12.

Die afrigter van die Allies, Mnr Aucamp het gese dat “die span nie vandag op sy beste was nie maar tog baie karakter gewys het om ‘n wedstryd met so baie foute te kon deurtrek, ons sal aanhou hard werk om op ons foute te verbeter”.

Allies is nou in ‘n sterk posisie in die algehele stand van sake omdat hulle dit reg gekry het om in hul drie wedstyde ‘n bonus punt in elke wedstryd te kry.

Allies het op 24 Maart hul onlangste wedstryd by die Hoërskool Hoogenhout in Bethal gaan speel en REKORD sal daarop berig sodra ons die uitslae het..

*Artikel en fotos deur Wayne Raath (geredigeer).

BREEK DIE LYN: Die kragtige agsteman, Marcelle Botha van die Hoërskool Alberton met ‘n sterk lopie.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on [email protected][email protected] or [email protected]

Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

  AUTHOR
David Pienaar
Reporter

Latest News

COMMENTS

Top