Namies wys weer goeie vorm

KRAGLOOP: Een van die Namies spelers probeer deur die opposisie kom.

HOËRSKOOL Dinamika het na ‘n moeilike begin in die sportsreeks daarin geslaag om weer goeie vorm te wys met ‘n oorwining in hul laaste vertoning.

Op Saterdag, Maart 25, het Dinamika teen die Hoërskool John Vorster in Nigel gespeel. Dinamika was van die begin van die wedstryd in John Vorster se gebied en het knaend druk toegepas.

John Vorster is vroeg in die wedstryd gestraf, en Dinamika se Armand Steyn (buitesenter) het met ‘n strafskop die bal deur die pale geslaag om die telling te open.

Beide spanne se verdediging was goed en Dinamika moes vir ‘n geruime tyd hul doellyn verdedig. Namies se kaptein, Jacques Venter (agsteman), het die veld verlaat met ‘n besering en is deur Ashley Kriel vervang.

VLUGTIGE VOETE: Een van die Namies spelers systap die verdediging.

Namies flank Jacques Krugler het met ‘n mooi dryfbeweging vanaf ‘n lynstaan ‘n drie gedruk.

Lees: Hoërskool Dinamika neem leiding

Net na die afskop, word Dinamika se slot, Sheldon Marx, afgestuur met ‘n geel kaart vir ‘n hoogvat en net voor halftyd slaag John Vorster se binnesenter om deur Dinamika se agterlyn verdediging te breek en druk ‘n drie net regs van die pale. Die doelskop het geslaag en die voorsprong het gekrimp tot agt-sewe.

Dinamika het na halftyd weer ritme gekry en weer punte aangeteken, maar nadat hul reserwes opgesit is het John Vorster terug in die wedstryd gekom.

In die laaste vyf minute het Dinamika se skrumskakel, Christo Kruger, ‘n geelkaart gekry en John Vorster het hierdie voordeel uitgebyt en ‘n goed uitgewerkte drie gedruk. Die doelskop was ook suksesvol en die voorsprong het weer gekrimp na 32-14 in die guns van Dinamika. Net voor die einde van die wedstryd het twee van Dinamika se spelers geelkaarte gekry en John Vorster kon toe hul derde drie druk.

Die eindtelling was Dinamika 32, John Vorster 21.

Dit was ‘n taai wedstryd maar Namies is weer op die wenpad. Hierdie was egter ook ‘n wedstryd gekenmerk deur vele geel kaarte wat toegeken is vir verskeie hoogvatte, iets wat SARFU (South African Rugby Football Union) baie streng teen begin optree as gevolg van die baie beserings wat dit kan veroorsaak.

 

*Artikel en fotos deur Wayne Raath.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on [email protected][email protected] or [email protected]

Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

  AUTHOR
David Pienaar
Reporter

Latest News

COMMENTS

Top