Eerste rugbyspan spog met silwermedaljes

EERSTES: Theunis Muller tydens die wedstryd tussen Marais Viljoen en Lichtenburg.

HOËRSKOOL Marais Viljoen se eerste rugbyspan het op 6 Mei in die finale rondte van die PUK-reeks teen Hoërskool Lichtenburg gespeel en moes met ‘n tweede plek tevrede wees met ‘n eindtelling van 29-22 in Lichtenburg se guns.

IN AKSIE: Hier is Franco du Plessis, van Marais Viljoen, oppad na die pale toe.

Na ‘n wankelrige begin was die telling 0-17 in Lichtenburg se guns, maar die Marais Viljoeners gaan lê nie maklik nie. Teen halftyd was hulle met slegs vyf punte agter hul teenstanders, 22-17. In ‘n wedstryd wat as die beste PUK-reeksfinaal beskryf is, was die eindtelling 29-22 in Lichtenburg se guns en kan Marais Viljoen met reg trots wees op hul silwermedaljes.

DUIKSLAG: JJ Kruger en Theunis Muller duik een van die ander span se spelers op 6 Mei tydens die PUK-reeks.

AKSIE: Spelers van albei spanne veg hard om die bal te kry.

PURE RUGBY: Luke Jonker, van Marais Viljoen, nadat hy sy drie gedruk het.

*’n Volledige berig oor die wedstryd tussen Licthenburg en Marais Viljoen sal binnekort volg. Hou gerus ons webwerf dop vir dié opvolg.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on [email protected]xton.co.za[email protected] or [email protected]

Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

  AUTHOR
Elzaan Pienaar
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top