Albertonner verkies vir die Wêreldbeker o-20 bokspan

GELUK: Ruben kry 'n "mooi-so" van een van sy spanmaats.

ALBERTON kan met reg trots wees op nog ‘n Albertonner wat groot dinge verrig in die rugbywêreld.

Ruben van Heerden (19) is onlangs as slot vir die o-20 Bokspan gekies om die land by die 2017 Wêreldbeker, wat tussen 31 Mei en 18 Junie in Georgië plaasvind, te verteenwoordig.

Die jong man staan twee meter lank en weeg klaar 115 kilogram.

Hierdie Alberton boorling is in 1997 in die Unie Hospitaal gebore en het by die Alberton Christian Academy skoolgegaan.

OP DREEF: Die groot man met bal in hand.

Ruben het in 2015 vir SA Skole verteenwoordig en die AFFIES Sportman van die Jaar prys ook ontvang.

Hy speel nou sy rugby in Pretoria vir die Blou Bulle en het in 2016 die prys gekry vir die mees belowende speler.

Alberton bly egter steeds sy tuiste en sy ouers is steeds hier rond.

Die REKORD beplan om ‘n onderhoud te voer met die talentvolle jong sportsman op sy terugkeur na die wêreldbeker.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on [email protected][email protected] or [email protected]

Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

  AUTHOR
David Pienaar
Reporter

Latest News

COMMENTS

Top