Kom kuier saam met Sonja Herholdt

WEN KAARTJIES: Een SMS kan jou die gelukkige wenner van twee kaartjies maak om op Vrydag, 4 Augustus saam met Sonja Herholdt te kuier.

SONJA Herholdt word eersdaags in Alberton vereer!

Sy tree op Vrydagaand 4 Augustus by die NG Kerk Alberton-Suid, Phantomstraat, Raceview op en sal by die geleentheid vereer word met ‘n oorkonde deur die FAK vir haar blywende bydrae tot Afrikaanse musiek.

Die Cantare kinderkoor en Alberton Mannekoor gaan ook optree. Skoolkore wat hierdie aand ook hulle talent kom vertoon is Brackenhurst Primary, Dalmondeor en Waterstone College.

WEN:

SMS die woord CANTARE na 48440 om kaartjies te wen vir hierdie spoggeleentheid. (R1.50 per sms)

Kaartjies is R80 per persoon en is beskikbaar by 082 257 1407. Kinders onder 12 jaar gratis.

So ietsie meer oor Sonja:

Sonja is welbekend vir haar treffers soos Jantjie, Harlekyn, Skipskop, Die trein na Matjiesfontein en Ek verlang na jou. Sy is in Nigel gebore en het ook daar skool gegaan.

Sy verwerf haar onderwysdiploma by Goudstad Onderwyskollege en hou haar eerste jaar by Laerskool Generaal Alberts skool. Toe het haar sangloopbaan vlam gevat en het sy die toekenning ingeryg: Rising Star Award, Junior Rapportryers-toekenning, Beste Sangeres van die jaar van Sarie (SA Recording Industry – nie die tydskrif nie) tot Beste Langspeler van die Jaar twee jaar na mekaar.

Sy het die SARIE-toekenning vir Gewildste Sangeres ses jaar in ‘n ry verower. Dit was ‘n eerste in die geskiedenis van die toekenning. Sy het altesaam agt SARIES gewen.

Sonja is al etlike jare betrokke met die motivering en huldeblyke aan die vroue in Suid Afrika. Haar musiekmotiveringsprogram Die Hartklop van ‘n Pêrelvrou is baie gewild en spreek tot die hart van die moderne vrou.

Haar kindervertoning en DVDs “Sonja en Tjokker” is baie gewild regoor Suid-Afrika.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on [email protected][email protected] or luck[email protected]

Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

  AUTHOR
Alberton Record

Latest News

COMMENTS

Top