Lief jou taal en wen

WANT AFRIKAANS IS LEKKER: Hier is Selklyn August en HemelBesem besig om saam te rymklets.

LEERDERS het moontlik iets om te doen die vakansie – alles te danke aan Afrikaans.com se nuwe projek. Droom groot en wen groot met ’n lekker ‘warm’ projek vir die wintervakansie. Hulle kan dit doen deur met hulle talente te woeker met die #droomgroot17-kompetisie by hoërskole of met muurkunsprojek by skole te inspireer.

In plaas van tone en tande tel die wintervakansie woeker eerder met jou talente sodat Afrikaans.com jou kan help om ’n stappie nader aan jou drome te kom en dit te bewaarheid.

Die #droomgroot17-kompetisie vir Graad Agt tot Graad 12-leerders skop op 1 Julie af en leerders het tot 30 September kans om deel te neem. Afrikaans.com gaan boonop R10 000 beskikbaar stel om die wenner se droom te bewaarheid.

#droomgroot17 – Dit werk so …

Graad Agt tot Graad 12-leerders (tweede- en derdetaal Afrikaanssprekers welkom!) kan met die hutsmerk #droomgroot17 op sosiale media (Facebook/Instagram/Twitter) deelneem deur ’’n video te maak waarin hulle in Afrikaans op ’n kreatiewe manier met hul talente spog. Die video moet dan opgelaai word. Onthou net om Afrikaans.com in die pos te ‘tag’. Leerders kan ’n gedig lees, ’n liedjie sing, hul beste danspassies uithaal, kletsrym of hulle stories vertel … en ons so oorrompel met hulle talent!

Hoe die wenner bepaal sal word

’n Paneel kies drie uitstaande inskrywings en die finaliste word dan gevra om vir ons te laat weet hoe die R10 000 gebruik kan word om ’n stappie nader aan hulle droom te kom. Die algehele wenner kry die kans om te kies wat die prys moet wees … ’n kitaar, ’n rekenaar, ’n kort musiek- of skryfkursus ensovoorts waarna Afrikaans.com die geld beskikbaar stel en namens die wenner spandeer.

(Klik hier vir kompetisiereëls: http://www.afrikaans.com/wen/heeltyd-speeltyd/wen/kompetisiereels)

Meer oor Afrikaans.com se muurkunsprojek by skole: ¹n Gemeenskapsprojek wat inspireer

By Afrikaans.com glo ons dat inspirasie tot aspirasie lei en my identiteit van wie ek is en hoe ek myself uitdruk, ’n trots en eiewaarde skep. Daarom het ons ook vanjaar baie spesifieke gemeenskapsprojekte waardeur ons veral skoolleerders deur visuele muurkuns wil inspireer. Met die Afrikaans.com-muurkunsprojek poog ons om deur kleurvolle muurskilderye wat binne die gemeenskap se konteks verstaan word, die lekker en mooi van Afrikaans op skool uit te lig.

Wat behels die muurkunsprojek by die skole?

Die Afrikaans.com-span gaan een muur by elk van die deelnemende laer- en hoërskole verf en die veldtog met foto’s en videomateriaal op sosiale media aktiveer. Die hoërskoolmuurkuns sluit aan by die #droomgroot17-kompetisie en hoërskoolleerders van daardie skole word ook genooi om aan die #droomgroot17-kompetisie op sosiale media deel te neem. Die #droomgroot17-kompetisie is egter nie net tot hierdie skole beperk nie en is oop vir alle hoërskoolleerders regoor Suid-Afrika.

By laerskole woeker die muurkuns met woorde wat lees en verbeelding aanmoedig en word leerders aangemoedig om Afrikaans met passie en oorgawe te geniet en te gebruik. Die muurkuns het ook ten doel om trots in hul skool en taal te kweek. Tydens die onthulling van die muurkuns kry leerders die geleentheid om van hul talente ten toon te stel en die wenklas by elk van die deelnemende laerskole kry dan ’n biblioteek in ’n boks.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on [email protected][email protected] or [email protected]

Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

  AUTHOR
Elzaan Pienaar
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top