VIDEOS: Len Muller bereik hoë hoogtes

LEN Muller het pas sy nuwe album, OOG VAN DIE STORM, bekendgestel.

Dit is sy tweede studio-album en beloof om nie net voort te bou op sy kenmerkende wenresep nie, maar dit ook te oortref.

Hierdie splinternuwe CD kan beskryf word as Afrikaans-Akoesties en sluit die klanke van al dié musikant se gunstelinginstrumente in – van die banjo en mondfluitjie tot die tjello en akoestiese kitaar. “Ek wou graag skryf oor die seisoene wat ’n mens beleef. Partykeer is dit ’n ‘Doodgewone Avontuur’ en soms bevind jy jouself in die ‘Oog Van Die Storm’. Miskien lê die vreugde van die lewe daarin om nie daarteen vas te skop nie, maar om dit te vier. Die album het soort van twee kante soos die liedjies verskil in styl. Ek het ook twee vervaardigers gehad. Gideon Botes het gewerk aan die meer kontemporêre liedjies op die album en Francois de Klerk het die meer alternatiewe liedjies verwerk. Dan is daar ook ’n bietjie Blues. Dit is ’n genre wat ek nog altyd wou opneem en ek en Dan Patlansky het kragte saamgespan om ’n liedjie op te neem,” verklap hy.

KYK:

 

Len, wat bekendheid verwerf het vir sy aangrypende lirieke en strelende stem, se solo-loopbaan het in 2012 afgeskop toe hy Richardsbaai vir Pretoria se stadsliggies verruil het. Sy debuutalbum, Doodgewone Avontuur, wat in 2015 uitgereik is, het hom amptelik aan die musiekbedryf bekendgestel en heelwat treffers en benoemings (Ghoema- en Tempo-benoemings vir Manlike Kunstenaar van die Jaar en Nuweling van die Jaar) opgelewer.

Sedertdien het hierdie blondekopsangsensasie ’n prominente plek in die harte van Suid-Afrikaanse musiekliefhebbers. Smag na Jou, die debuutenkelsnit, is vandag steeds ’n gunsteling en is op die klankbaan van die romantiese komedie, Strikdas, gebruik. Vir Die Een Wat Geval Het, wat in 2016 saam met Joshua na die Reën uitgereik is, het groot opslae gemaak en kry steeds gereeld speeltyd op die radio en kassie.

Die album se eerste goedvoel-enkelsnit, Ek Glo, is ongelooflik goed ontvang en het verskeie weke op die nommer een posisie van verskeie treffersparades gekuier. Die musiekvideo was ’n kitssukses, is reeds deur duisende mense op YouTube gekyk en kan ook gereeld op die kassie gesien word. “Die lied kom uit ’n seisoen waar ek heelwat geloofspronge moes vat om dit te doen wat ek geroep is om te doen. Geloof het ’n groot rol gespeel om my deur hierdie moeilike tyd te dra. Hierdie liedjie is in ’n sekere sin ’n uitnodiging om te glo in ’n Skepper wat die pad aanwys, maar ook om te glo in dit wat Hy in ons elkeen geplaas het,” vertel hy.

KYK:

 

“Ek wou graag ’n lekkerluisterliedjie skryf, waarop mense kan dans of selfs om die braaivleisvuur kan geniet.” Oor die afgelope paar jaar het Len nie net die verhoog met groot name soos Matthew Mole, Francois van Coke, Straatligkinders, Jan Blohm, Bok van Blerk, Dans Dans Lisa, Chris Chameleon, Jak de Priester, Andriëtte Norman, Dan Patlansky en Kaleidoskoop gedeel nie, maar homself ook as liedjieskrywer gevestog. Hy is beslis besig om ’n sterk nalatenskap in die musiekbedryf te skep en OOG VAN DIE STORM is ’n getuigskrif hiervan. Alle oë en ore is op hom, terwyl hy stelselmatig sy merk as een van Suid-Afrika se gewildste jong sterre maak.

*Uitgereik deur Danelle Liebenberg van Starburst Promotions.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on [email protected][email protected] or [email protected]

Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

  AUTHOR
David Pienaar
Reporter

Latest News

COMMENTS

Top