Ranties skenk groot geld en 1.4 ton hondekos aan die DBV

Dankie: Niel van Wyk van Klopper en Jonker Inc. saam met organiseerder Corli Carratu.

LAERSKOOL Randhart onderwysers en ‘n groep ouers het onlangs behoorlik vir die Alberton Dierebeskermingsvereniging (DBV) gesweet.

Die groep weldoeners het besluit om die Telkom 947 Cycle Challenge te ry om fondse en kos vir die diere in te samel.

Soos dit tans staan het die skool R27 000 en 1.4 ton hondekos ingesamel.

Op 16 November het die groep vir ‘n lekker aandete en kuier as deel van hul borge-aand bymekaar gekom om dankie te sê aan almal wat tot die suksesvolle welsynsprojek bygedra het.

GOEIE HARTE: Emile van Niekerk en Matt van der Mesch, twee leerders van Laerskool Randhart wat ook aan die Telkom 947 Cycle Challenge deelgeneem het om die Alberton DBV te help.

“Ons het besluit op die Alberton DBV omdat ons die nabye gemeenskap in Alberton wou ondersteun en meeste van die ryers honde- en katliefhebbers is en ons het geweet die DBV het altyd fondse nodig,” het Corli Carratu, een van die organiseerders gesê.

Daar was ‘n span van 34 amateur fietsryers in totaal (onderwysers en ouers) wat onder leiding van Flippie van der Berg, Corli Carratu en Johann Haasbroek ‘n plan van aksie bymekaar gesit het.

SELFIE-TYD: Die ryers kom saam vir ‘n foto.

“Om voor te berei vir die 947 is oefening belangrik en ons het as span ‘n paar roetes vir voorbereiding gedoen. Onder andere het ons die Suikerbosrandroete ook gery, ” het Carratu bygevoeg.

Die span het vroeg op 19 November die langpad (94.7km) op hul fietse aangedurf wat by die Riverside Commercial Park in Fourways begin en geeïndig het.

HOOFBORG: Organiseerder en spanleier, Flippie van der Berg skud blad met Louis Green van Van Rhyns Attorneys, een van die hoofborge.

“Ons wil baie dankie sê aan almal wat tot hierdie fantastiese inisiatief bygedra het, naamlik die hoofborg Van Ryns Attorneys, sowel as The Labour Advocate, Klopper en Jonker Inc, Korsten en Beukers, Postnet, Top Paints Meyersdal, E. Coetzee en Kie, Electro Plum & Maintenance, Karate Water, Wenpro, Rapid Fire, 4M Construction, RN Instrumentation, Akweja Bed & Breakfast, Dream Nails New Market (voucher), Decathlon (water bottels) en natuurlik al die ouers en onderwysers en organiseerders van Laerskool Randhart,” het Carratu gesê.

ROLSPELERS: Corli Carratu, Flippie van den Berg en Johann Haasbroek.

TE OULIK: Geskenke wat uitgedeel is op die borge-aand om dankie te sê vir almal se bydrae.

GROOT LEIER: Die onderhoof van Laerskool Randhart, Francois Venter, sê dankie aan almal vir hul wonderlike bydrae tot hul welsynsprojek.

(TWEEDE FOTO VIR VOORBLAD) DIE DIERE GAAN LEKKER EET: Sowat 1.4 ton hondekos is deur Laerskool Randhart vir die Alberton DBV ingesamel.

(VOORBLADFOTO) VIR DIE DBV: Al die ryers saam op die borge-aand.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on [email protected][email protected] or [email protected]

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

  AUTHOR
David Pienaar
Reporter

Latest News

COMMENTS

Top

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Alberton Record
Comaro Chronicle
Kathorus Mail
Southern Courier


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
CLICK HERETo view an example of our newsletter

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Alberton Record
Comaro Chronicle
Kathorus Mail
Southern Courier

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: