AfriForum Buurtwag en kie hou die gemeenskap veilig

REG VIR AKSIE: Die Alberton Buurtwag kom saam vir 'n fotogeleentheid.

AFRIFORUM se buurtwagte in Alberton, Benoni, Edenvale en Kempton Park het onlangs ’n massapatrollie gehou.

Op 2 Desember, vanaf omstreeks 4nm tot 3vm, het hulle in samewerking met ADT, Mamba Sekuriteit, Top Sekuriteit, Fox Sekuriteit, Emer-G-Med, National Paramedics Services, Fidelity Sekuriteit en Kempton Park se gemeenskapsreaksie-eenheid (GRE) dié massapatrollie in hul onderskeie gebiede gehou ten einde polisiëringsigbaarheid op te skerp.

TOEGEWEIDE GEMEENSKAPSLEDE: AfriForum buurtwaglede tydens hul massapatrollie.

Hierdie patrollie het gesorg vir ’n totaal van 94 patrolleerders (sekuriteitsmaatskappye uitgesluit) wat opgedaag het om ’n verskil te maak, terwyl 4 056km en 508 manure afgelê is. Bystand is by 21 ongelukstonele gebied en ’n inhegtenisneming vir dronkbestuur is gemaak.

Alberton se tak alleen het 3 456km afgelê, op 15 insidente reageer met 27 voertuie op die pad en 355.3 manure voltooi.

UIT IN VOLLE MAG: Sekuriteitsvoertuie saam met AfriForum uit om ‘n verskil te maak.

“Dit is duidelik dat samewerking met veiligheidsinstansies en ander betrokke partye vrugte afwerp. Proaktiewe optrede en die betrokkenheid van die gemeenskap het vir ’n suksesvolle patrollie gesorg,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se veiligheidskoördineerder vir Gauteng.

Lees Ook:

Sukses vir AfriForum-buurtwag

AfriForum plant bome by Hoërskool Dinamika

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on [email protected][email protected] or [email protected]

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

  AUTHOR
David Pienaar
Reporter

Latest News

COMMENTS

Top