GALLERY: Ligstad vrywilligers word bederf

SLEUTELHOUER: So lyk die sleutehouers wat die vrywilligers geskenk gekry het.

LIGSTAD se bestuurspan het op 7 Junie hul jaarlikse byeenkoms gehou waar hulle hul vrywilligers bedank en vir hul moeite en toewyding bederf het.

Dié byeenkoms was ’n lekker plaasontbyt by die De Landauer Restaurant in Alberton-Noord. Almal het om ’n groot, mooi-versierde tafel gesit met ’n koppie koffie en op elkeen se bord was ’n Ligstad-sleutelhouer uit hout gegraveer.

Alida Jooste, maatskaplike werker by Ligstad, het almal verwelkom en ’n brief van dankbaarheid namens Ligstad vir die vrywilligers voorgelees.

DANKIE: Alida Jooste lees ’n bedankingsbrief voor aan die vrywilligers om die tafel.

Die brief vertel dat dit vir Ligstad ’n voorreg is om hulle te kan bederf en tyd saam met hulle te kan deurbring. Hulle tyd, liefde en toewyding om Ligstad te help, gaan nie ongesiens verby nie.

Verder vertel die brief dat die sleutelhouer simboliek dra: “Jy vorm ’n eenheid in Jesus se sleutelhouer, saam met die ander vrywilligers en personeel van Ligstad, sodat jy jou spesifieke werk waarvoor jy geroep is, hier kan doen”.

BRIEF: Almal luister met waardering na die bedankingsbrief wat Alida namens Ligstad voorlees.

In afsluiting sê die brief: “Mag jy goeie herinneringe koester van die tyd wat jy as vrywilliger hier by Ligstad deurgebring het en mag jy nóg opbou terwyl jy hier diensbaar is.”

GROEPFOTO: Al die vrywilligers en Ligstad bestuurslede glimlag saam vir ’n foto.

Alida het met ’n tafelgebed afgesluit en almal het daarna hul ontbyt geniet. Dit was ’n heerlike oggend vol geselskap, vreugde en lag. Ligstad sien uit om hul vrywilligers weer te bederf volgende jaar.

DANKBAAR: Alida Jooste het die oggend se tafelgebed waargeneem.

Also Read:

[GALLERY + VIDEOS]: Ligstad Pre-Primary School learners learn about safety

Ligstad team excited about weekly services

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on [email protected][email protected] or [email protected]

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

  AUTHOR
Monique van Wyk
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Alberton Record
Comaro Chronicle
Kathorus Mail
Southern Courier


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Alberton Record
Comaro Chronicle
Kathorus Mail
Southern Courier

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: