GALLERY: Cantare Kinderkoor bekoor met hul stemme

Cantare Kinderkoor het op 16 Junie ’n konsert by die Alberton-Suid NG-kerk, ter voorbereiding van die Wêreldkoorspele en ook ter ere van Jeugdag, opgevoer.

Ouers het ontspan en die wêreldklas optrede geniet en vir hul kinders met hul engelstemme gejuig.

Voordat die koor opgetree het, het die seremoniemeester en voorsitter van die koor, Eugene Becker, oor al hul prestasies gespog.

STORIEVERTELLERS: Die koor het ’n paar stories deur hul liedjies en koreografiese roetines vertel.

“Dié koor is ons land se trots,” het hy gesê.

“Dit verteenwoordig al ons land se tale en kulture – die reënboognasie. Hulle het al drie keer in die verlede aan die Wêreldkoorspele deelgeneem en elke keer met ’n prys weggestap.

“Hulle het ook al menigte kere op landwye televisie en radio verskyn. Ons kan nie anders as om dankbaarheid te toon aan Ida Strydom nie, wie die koor in 1995 gestig het.”

Die koor het liedjies uit verskillende kulture in perfekte harmonie gesing. Na elke liedjie, trots gedirigeer deur Ida Strydom, het die koor dawerende applous gekry.

FANTASTIESE OPERA: Franz Geldenhuys het met sy pragtige opera-stem die gehoor vermaak.

Franz Geldenhuys se optrede was ook ’n hoogtepunt. Hy het almal met sy opera-stem en klavierspel vermaak.

Cantare Kinderkoor sien uit om deel te neem aan die opkomende Wêreldkoorspele wat vanaf 4 tot 7 Julie in Pretoria gaan plaasvind en hulle mik vir niks minder as goud nie.

PRONK: Die koor pronk voor die gehoor in hul Afrika uitrustings.

*Oudisies vir Cantare Kinderkoor is oop vir kinders tussen vyf en 16 jaar. Om aansoek te doen beoek die webwerf www.cantare.org.za

MEESTER: Franz Geldenhuys het die klavier meesterlik gespeel.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Latest from Alberton Record