GALLERY: Emmanuel musiekkunstenaar verras almal

NEE kyk, Alberton se Griekse Boertjie staan steeds vir niks terug nie en hy het behoorlik harte gesteel by die onlangse Emmanuel byeenkoms.

Yoti Loizos, beter bekend as die Griekse Boertjie, het op 21 Junie dié groep by die LewenSentrum vermaak en het sommer vinnig aanklank by die gehoor gevind met sy grappige persoonlikheid. Yoti het die gehoor op ’n musikale reis om die wêreld geneem toe hy liedjies van verskeie lande gesing het. Wat die gehoor selfs meer vermaak het, was sy oulike props wat hy saamgebring het om elke verskillende kultuur uit te beeld.

JAMAIKA: Yoti tree op soos ’n egte Jamaikaan met ‘dreadlocks’ en al.

Yoti se regte naam is Panayoti Loizos en hy is ’n egte Griek. Hy het gesê dat hy gewoonlik tradisionele Griekse liedjies sing, maar dat dié dag spesiaal is en dat hy graag liedjies van allerlei kulture wou sing. Hy het die gehoor uitgenooi om saam te sing en te dans, en party gehoorlede het hom selfs op die verhoog vergesel.

DANS SAAM: Die Emmanuel gehoor dans lekker saam toe Yoti ’n Duitse liedjie sing.

Lande wat hy met liedjies uitgebeeld het, het Israel, Spanje, Mexiko, Persië, Rusland, Duitsland, Engeland, Ierland, Skotland, Portugal, Frankryk, Italië, Griekeland, Australië, Noord-Amerika, Suid-Amerika, Jamaika en ons eie Suid-Afrika ingesluit.

Dit was ’n wonderlike optrede en Yoti het sommer heelwat van sy CD’s en DVD’s verkoop. Almal het toe ’n lekker bordjie eetgoed en mekaar se geselskap geniet voordat die oggend tot ’n einde gekom het.

SPANJE: Een van die gehoorlede speel bul vir Yoti se Spaanse liedjie, Olé!

Die volgende Emmanuel vergadering sal op 16 Augustus plaasvind, weer by die Alberton LewenSentrum. Indien jy belangstel om dit by te woon, of om ’n lid van Emmanuel te word, kontak gerus vir Marelie Rabie tydens kantoorure op 011 864 1285 of 082 462 8676.

RUSLAND: Yoti sing ’n Russiese liedjie uit volle bors.

SUID-AFRIKA: Met die hulp van een van LewenSentrum se werknemers sing Yoti ’n trots Suid-Afrikaanse liedjie.

EMMANUEL: Voor: Gawie Mahne, Tersia Mahne, Ruan van der Merwe en Susan van Rensburg. Agter: Nelie smith, Thilana van der Merwe, Yoti die Griekse Boertjie en Magda Deisel.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Latest from Alberton Record