Namies vaar uitstekend in sport, deel nuwe nuus

HOËRSKOOL Dinamika deel opwindende rugby verwante nuus met die gemeenskap.

Die o-14 span het onlangs uitstekend presteer in ’n wedstryd teen Ligbron Akademie en die skool het ’n nuwe sportdirekteur voorgestel, Barry Geel.

Die o-14A rugbyspan oorwin

Dinamika se o-14A rugbyspan het as wenners van die Goue Leeus van die veld afgedraf.

Dié aansienlike span het op Saterdag, 28 Julie, teen Ligbron Akademie in die eerste rondte van die Virseker Beker te staan gekom. Hulle het daarin geslaag om die wedstryd met ’n telling van 42-12 te wen.

Dinamika se o-14 span speel weer op 4 Augustus teen Hoërskool Westvalia in die kwartfinaal.

“Hierdie is voorwaar ’n span om dop te hou en hulle hou Dinamika se naam hoog,” het Leandri Prinsloo namens die skool gesê.

Nuwe sportdirekteur

NUWE SPORT DIREKTEUR: Barry Geel het meer as 200 eersterangse wedstryde vir die Luiperds, Griekwas en Cheetahs gespeel.

Barry Geel is onlangs by Dinamika as hul nuwe sportdirekteur aangestel.

Barry het meer as 200 eersterangse wedstryde vir die Luiperds, Griekwas en Cheetahs gespeel. Hy verteenwoordig dan ook die Cheetahs in die Superreeks en was deel van die Cheetah-span wat in die semi-finaal van dié kompetisie gespeel het.

“Barry se rugbykennis sal beslis ’n aanwins vir Hoërskool Dinamika wees, maar sy menswees, nederigheid en passie vir kinders is sy grootste bate,” het Leandri gesê.

“Barry, baie welkom by Dinamika – jy sal beslis ’n verskil maak.”

*Inligting en foto’s deur die skool verskaf.

Lees Ook:

Hoërskool Dinamika deel indrukwekkende sportnuus

Hoërskool Dinamika spread warmth on Mandela Day

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Latest from Alberton Record