Allies kokke kan lekker kook by Vinkel en Koljander-kombuis

GASTE: Voor: Deon Nolte (beheerliggaam), Rouxnette Olwagen (onderwyseres), Cindy Swart (onderwyseres), André Olckers (beheerliggaam). Agter: Dr Jorrie Jordaan (skoolhoof), Gerhard van Schoor (beheerliggaam), Henry van der Hoven (beheerliggaam), Corné van Staden (beheerliggaam) en Victor Lemmer (beheerliggaam).

DIE openingsaand van die nuwe Vinkel en Koljander kombuis by Hoërskool Alberton, op Dinsdag, 7 Augustus, was gesellig en smaaklik.

Verskeie onderwysers, onderwyseresse en lede van die skool se beheerliggaam was uitgenooi om die nuwe kombuis in te wy. Die kombuis, handig vir die skool se verbruikerstudies-vak, het vele kombuisware en –toerusting om leerders die kans te gee om hul kulinêre kreatiwiteit te ontdek en te verken.

AMPTELIKE OPENING: Gerhard van Schoor sny die lint as simbool van die kombuis se amptelike opening.

Leerders van die verbruikerstudies-vak het na skool op die middag van die opening ’n paar heerlike disse voorberei wat die aand vir gaste van die byeenkoms voorgesit is. Met ’n bietjie hulp van die onderwysers, het hulle alles self uit rou bestanddele gebak en gekook.

HEERLIKE KOS: Die leerders het hulself oortref en dit was beslis ’n smaaklike ete waaraan almal kon weglê.

Hul fynproewer-disse het onder andere frikkadelrolletjies (hamburgers), aartappelskyfies en alkoholvrye garnaalkelkies ingesluit. Die gaste het heerlik gesmul.

Hoërskool Alberton hoop dat talle leerders in die toekoms ’n passie vir kosmaak sal vind in die nuwe Vinkel en Koljander kombuis.

TALENTVOLLE KOKERS: Die leerders en onderwyseresse wat na skool die heerlike kos voorberei het.

Lees Ook:

Pastor Abe launches his book

New church leader welcomed at induction breakfast

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on [email protected][email protected] or [email protected]

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

  AUTHOR
Monique van Wyk
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Alberton Record
Comaro Chronicle
Kathorus Mail
Southern Courier


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
CLICK HERETo view an example of our newsletter

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Alberton Record
Comaro Chronicle
Kathorus Mail
Southern Courier

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: