Maak die beste van alles

EK wil net baie dankie sê aan die vriendelikste petroljoggies by die Sasol vulstasie in Newmarket.

Ek het onlangs my voertuig daar laat volmaak en die twee mans het al my voertuig se vensters gewas en dit nogal met ’n glimlag. Dit was lekker om te sien hoe hulle hul werk geniet.

Hulle was vriendelik en wou my net help. Dit was puik diens van hulle kant af. Dit het my oë ook laat oopgaan, want al het jy, wat jy dink dalk nie die beste werk is nie, moet mens altyd die beste daarvan maak. Maak dit vir jouself lekker.

Weer eens dankie aan dié twee, wie se name ek ongelukkig nie gevra het nie.

Magda Fourie, Verwoerdpark

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Latest from Alberton Record