Orion blink uit by kunswedstred met 2 122 inskrywings

LAERSKOOL Orion het hierdie jaar by die Alberton Kunswedstryd uitgeblink deur die meeste inskrywings vir die kompetisie in te stuur.

Hierdie feit is deur Wilna Barkhuizen, voorsitter van die Alberton Kunswedstryd, gestaaf.

In totaal was daar 2 122 inskrywings van dié skool se kant af. In individuele items het die skool 1 090 inskrywings deurgestuur. Die skool het ook groepe gehad wat deelgeneem het aan die kunswedstryd wat ’n verdere 398 inskrywings besorg het.

Laastens was daar in die kunsdepartment tussen Grade Een tot Sewe leerlinge ’n totaal van 634 inskrywings.

“By ons skool is deelname vir ons belangrik, want elke kind is ’n ster,” sê Salomie Kruger, kunsdepartementshoof by Orion.

READ:

Frances Vorwerg learners impress at Eisteddfod

Frances Vorwerg promotes equality among learners

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Get regular news updates sent directly to your inbox: Newsletter-Signup

Latest from Alberton Record