Randhart landloopatlete vaar goed by Gautengkampioenskappe

ATLETE van Laerskool Randhart, wat binne die eerste ses atlete by die distrik landloopkampioenskappe geëindig het, het op 1 September by die Gautengkampioenskappe by Hoërskool Suiderlig in Vanderbijlpark deelgeneem.

Kompetiesie op die dag was taai met Gauteng wat tradisioneel ’n sterk span het. Top presteerder op die dag was Ruan Mulder wat eerste in die o-9 seuns wedloop geëindig het.

WENSTREEP: Ruan Mulder sterk op pad na sy eerste plek wen.

Verdere uitslae is soos volg: seuns o-9 was Zaviër Swanepoel sesde en Tyron Brooks agste; dogters o-10 was Teneal de Jong 21ste; dogters o-13 dogters was Charissa Botha agtste en Jané Mulder 18de; en seuns o-13 was Marno Breytenbach 33ste.

HOU BENE HOU: Tyron Brooks het ’n sterk wedloop gehardloop en agtste geëindig.

Geluk aan al die deelnemers en Ruan met sy wen.

TROTS: Xavier Swanepoel vier sy sesde plek.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Get regular news updates sent directly to your inbox: Newsletter-Signup

Latest from Alberton Record