VLU Sonskyn gesels veiligheid

DIE dames van die VLU Sonskyn-tak het nuttige veiligheidswenke ontvang by twee verteenwoordigers van Fox Alarms gedurende hul vergadering op 3 September.

Die dag se gassprekers was Frikkie Whitehorn en Michael Tucker van Fox Alarms and Security. Hulle het vir die dames wenke gegee oor hoe om veilig te wees teen skielike aanvalle en in ongemaklike of onveilige situasies.

“Wees altyd bewus van wat om jou aangaan,” het Frikkie gesê.

“Kriminele het altyd ’n slinkse plan en enigiemand kan gevang word. ’n Mens kan dit voorkom deur altyd om jou rond te kyk en paraat te wees.”

VERWELKOMING: Dini Jansen (voorsitter) stel vir Frikkie Whitehorn en Michael Tucker voor aan die VLU dames.

Michael voeg by: “Moenie naïef of braaf wees en alleen uitgaan en dinge doen nie – gaan liewer in groepe uit. As jy bestuur of op ’n missie is êrens heen, moenie dat mense jou aandag aftrek nie. Wanneer jy iets vreemd of verdags buite die huis hoor, moet liewer nie alleen uitgaan nie. Bel liewer jou sekuriteitsmaatskappy om te kom kyk wat aangaan.”

Die sprekers het ook gesê dat dit belangrik is om ’n mens se alarmstelsel stiptelik elke maand te toets en seker te maak dat dit nog mooi werk. Hulle sê dat indien dit nie gereeld getoets word nie, sal dit ’n mens baie moontlik in die steek laat in ’n noodsituasie en nie werk nie.

DEEL WENKE: Frikkie Whitehorn en Michael Tucker gee vir die dames baie handige veiligheidswenke.

Anna Oosthuizen het namens die VLU dankie gesê vir Frikkie en Michael se tyd en moeite: “Dankie Fox dat julle so op-en-wakker is. Dankie vir die goeie raad wat julle vir ons vandag gegee het.”

Dit was ’n heerlike, leersame oggend saam met VLU Sonskyn. Hul volgende vergadering sal op 1 Oktober plaasvind.

Tagtigste verjaarsdagviering

DIE Sonskyn-tak van die VLU gaan op 15 September hul 80ste verjaarsdag by die Alberton Aftree-Oord vier.

Vir R70 per persoon kan die wat belangstel hierdie byeenkomste bywoon. Die tema gaan “Hef ’n Vrou Op Buite Die VLU” wees, met gasspreker Gerrie Jordaan. Musikale kunstenaar Franz Geldenhuys gaan ook daar wees om almal te betower met sy wonderlike klavier- en sangtalent.

VERSIERDE TAFELS: Corrie Raubenheimer by een van die versierde tafels.

Die byeenkomste sal 9vm vir 9.30vm begin by die Aftree-Oord, 45 Kritzinger Weg, Florentia.

Vir meer besonderhede oor die byeenkoms, of om by hierdie VLU aan te sluit, kontak vir Dini Jansen op 082 552 4683 of djjansen@alberante.co.za, of Bertha Engelbrecht op 083 702 6310.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Get regular news updates sent directly to your inbox: Newsletter-Signup

Latest from Alberton Record